Library and Information Association of South Africa





Brand keer nie SA hulp in Mali

Date: 
6 February 2013
Source: 
Beeld

Brand keer nie SA hulp in Mali

2013-02-06 23:00

Johan Myburg

Suid-Afrika se betrokkenheid by die Ahmed Baba-instituut vir Islam-studie en -navorsing in Timboektoe, Mali, het nie tot ’n einde gekom toe dié biblioteek einde verlede maand deur Islamitiese rebelle aan die brand gesteek is nie.

Paul Mashatile, minister van kuns en kultuur, het pas aangekondig Suid-Afrika wil ’n volgehoue bydrae lewer tot die herbou- en bewaringsplanne van dié instituut en in besonder die historiese Timboektoe-manuskripte.

Mashatile het in ’n verklaring gesê hy is hoopvol dat blywende vrede in Mali bewerkstellig sal word. “Ons sal voortgaan om ons saam met die mense van Mali, die vasteland en die res van die wêreld te beywer vir vrede in daardie deel van Afrika,” het hy gesê.

Die Suid-Afrikaanse regering het in 2001 saam met hul Malinese eweknieë ’n projek onderneem om die Timboektoe-manuskripte te bewaar. Dié dokumente, wat grotendeels in Arabies geskryf is, dateer van so ver terug as die 13de eeu en is bewys van Afrika se ryk kulturele erfenis.

André Spies, Kaapstadse argitek wat betrokke was by al twee fases van die bouwerk van die instituut, sê hy kon nog nie vasstel hoe groot die skade aan die gebou is nie.

“Volgens berigte wat ek uit Timboektoe kry, lyk die skade beperk,” het hy aan Beeld gesê.

Die gebou beskik oor 12 gesofistikeerde argiefkamers waar die sowat 20 000 manuskripte geberg word.

Volgens Spies is die gebou so ontwerp dat ’n brand kwalik deur die hele gebou sal versprei.

“Pleks van water as blusmetode word gebruik gemaak van ’n gasinstallasie wat die druk laat daal en die brand op dié manier blus,” sê hy.

Die gebou, deel van die ooreenkoms tussen Suid-Afrika en Mali, is in 2009 amptelik geopen.

Die eerste fase van die gebou is ontwerp deur dhk-argitekte van Kaapstad.

Spies, die projekargitek vir die eerste fase, se firma, twothink architecture, het die tweede fase – wat die binne-ontwerp insluit – voltooi.

Die Malinese argitek Baba Cissé was die kulturele konsultant.

Vir die konstruksie van die kompleks het Spies modderstene gebruik en die fasade afgewerk met modder gemeng met sement om dit waterdig te maak.

Kort nadat hy van die brand gehoor het, het Spies op sy webwerf geskryf benewens die aanslag op historiese en kulturele voorwerpe is dit hartseer dat die lewe van so baie mense in Mali en Timboektoe ontwrig is.

Mashatile het benadruk dat Suid-Afrika hom verlede jaar verbind het tot ’n versoek van Mali dat regerings van Afrika-state moet help om die smokkel van veral manuskripte uit Timboektoe te keer.




Contact LIASA:

Tel: +27 (0) 12 328 2010
or +27 (0) 12 323 4912
Fax: +27 (0) 12 323 1033
Email: liasa@liasa.org.za


«  
  »
S M T W T F S
 
 
1
 
2
 
3
 
4
 
5
 
6
 
7
 
8
 
9
 
10
 
11
 
12
 
13
 
14
 
15
 
16
 
17
 
18
 
19
 
20
 
21
 
22
 
23
 
24
 
25
 
26
 
27
 
28
 
29
 
30